#Ons Skoollied


Ons streef steeds na die kennis

Ons bou op vaste steen

In jeug word ons ontwikkel

As nasie is ons een

Die kersvlam is vir ons simbool

Van lig en hart en gees

En die kennis wat ons voortdra

Sal steeds ons rigsnoer wees

O. Heer bewaar ons altyd

Van dit wat ons kan skaad

Laat ons getrou wees in ons werk

In wandel woord en daad

Ons gaan die toekoms tegemoed

Met liefde vir mekaar

Want ons weet: U is die leidsman heer

Van hierdie kinderskaar.